Raiatea

Raiatea
Inheemse naam: Ra'iātea
Raiatea uit die lug gesien.
Raiatea uit die lug gesien.
Geografie
Ligging Stille Oseaan
Koördinate 16°49′S 151°27′W / 16.817°S 151.450°W / -16.817; -151.450
Argipel Geselskapseilande
(Frankryk)

Hoogste punt Berg Tefatua, 1 017 m
Administrasie
Sien teks.
Franse oorsese gebied Frans-Polinesië

Hoofstad Uturoa[1]
Grootste stad Uturoa (3 778)

Demografie
Bevolking 12 545[2]

Die eiland se amptelike taal is Tahitiaans.

Raiatea (Tahitiaans: Ra'iātea) is naas Tahiti die grootste eiland van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië in die Stille Oseaan. Dit word algemeen bskou as die "middel" van die oostelike eilande in antieke Polinesië, en die georganiseerde migrasie na Hawaii, Aotearoa en ander dele van Oos-Polinesië het waarskynlik hier begin. ’n Tradisionele naam vir die eiland was vermoedelik Havai'i.

Aan die suidooskus is die historiese Taputapuatea-marae, wat van 1000 n.C. dateer. Dit word genoem in die tradisies van die Polinesiese volke, insluitende die Maori van Nieu-Seeland, wat dit beskou as ’n heilige marae van hul voorouers.

Die hoofdorp van die eiland is Uturoa, die administratiewe sentrum van die Benedewindse Eilande. Raiatea se kolleges is die vernaamste sentrum vir sekondêre skole van die omringende eilande soos Bora Bora, Tahaa, Huahine en Maupiti.

  1. "Vacation guide to Raiatea" (in Engels). eTahititravel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2016. Besoek op 24 Maart 2015.
  2. Institut Statistique de Polynésie Française (ISPF). "Recensement de la population 2007" (PDF) (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Desember 2014. Besoek op 2 Desember 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search